Oscar Piastri het Sondag in Baku die Azerbeidjan Grand Prix gewen, en sodoende span-McLaren ook na die bopunt van die vervaardigers-kampioenskap geneem.

Diè ren is met ’n virtuele veiligheidsmotor voltooi nadat Ferrari se Carlos Sainz en Red Bull se Sergio Perez in die voorlaaste rondte in ’n botsing betrokke was.

Charles LeClerc van die Rooipsan het een sekonde agter Piastri geëindig, gevolg deur George Russell van Mercedes, Lando Norris van McLaren en Max Verstappen van die Red Bull-span.

Verstappen is nog steeds die voorste renjaer vir 2024 op 313 punte, met Norris en LeClerc wat vinnig besig om die Vlieënde Nederlander in te haal.

Die volgende wedren is die Singapoer GP wat eerskomende Sondag op die Marina Bay straatbaan gejaag word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×