FORMULE EEN   –  Met die F1-seisoen wat om die draai is dra die Red Bull span deeglik kennis van die feit dat hulle baie strawwer kompetisie van hulle mededingers te wagte kan wees.

Volgens Red Bull spanbaas Christian Horner het hulle wedrenne seepglad verloop in 2022 alhoewel Ferrari en Mercedes vroeg geraas gemaak het en nie op alle silinders gevuur het nie.

Met die sankies wat diè motorsport se beheerliggaam – die Internasionale Automobiel Federasie – teen Horner se span ingestel het nadat Red Bull hul 2021 begrotingsbeperking oorskry het – het hul voorbereiding ietwat skipbreuk gely.

Red Bull het aanvanklik beswaar aangeteken maar later die beslissing van die Federasie aanvaar. Dit sluit ’n boete van £6 miljoen in en moes ook met ’n 10% vermindering in tyd wat ’n span toegelaat word om aëreodinamiese toetse in die windtonnel te doen tevrede wees.

Die Formule Een seisoen begin op 5 Maart in Bahrain.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×