Die spanbaas van Red Bull se Formule Een span Christian Horner sê Lando Norris kan vir Max Verstappen vanjaar klop na die Kampioenskaps titel.
Volgens Horner en met McLaren se prestasie Sondag in ag genome en as die volgende nege wedrenne soortgelyk verloop sal dit baie moeilik wees vir Max om die kampioenskap te wen.
Horner sê verder dat hulle gelukkig is dat McLaren nie te goed presteer het in die eerste gedeelte van die seisoen nie maar hulle 70-punt buffer kan vinnig verminder.
*Die naweek word die Italiaanse Grand Prix by die Monza-renbaan beslis.