Die motorvervaardiger Renault het aangekondig dat 2025 hulle laaste seisoen in Formule Een sal wees.
Die vervaardiger se Alpine-span sal dus van 2026 ‘n krageenheid van ‘n ander vervaardiger ontvang.
Volgens ‘n verklaring van Renault sal elke werknemer wat deur die transformasie projek geraak word ‘n nuwe posisie binne Alpine-Hypertech aangebied word.
Daar word bespiegel dat Alpine in 2026 Mercedes-enjins sal gebruik.