FORMULE EEN  – Carlos Sainz het ook die afgelope naweek Red Bull se oorheersing op die renbaan tydelik tot ’n einde gebring toe diè Spaanse renjaer van Ferrari die Singapoer Grand Prix op die Marina Bay-straatbaan gewen het.

Dit was ook die 1ste keer dat Red Bull nie ’n wedren sedert die Brasilaanse GP in 2022 kon wen nie.

Lando Norris van McLaren was 2de gevolg deur Mercedes se Lewis Hamilton , Charles LeClerc van die Rooi Span was 4de en Verstappen in die 5de plek.

Die volgende wedren is die Japanese Grand Prix wat eerskomende naweek op Suzuka gejaag word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×