FORMULE EEN –  Die jong Mick Schumacher gaan volgende week Alpine se suksesvolle renmotor van hul 2022-seisoen in Frankryk uittoets.

Schumacher Jnr. het sy plek juis daardiè  jaar by span Haas verloor met baie kenners wat meen dat diè renmotor se werkverrigting die jong Schumi  se vertonings gekortwiek het.

Die Franse vervaardiger kan moontlik Mick Doohan saam met Schumacher oorweeg nadat daar gerugte is dat Pierre Gasly wat tans die nommer 1 vir Alpine is se kontrak opgeskort gaan word.

*Mick is die seun van die bekende 7-malige wêreldkampioen Michael Schumacher en het in sy laaste 43 wedrenne net 12 kampioenskapspunte ingesamel. Hy het as reserwerenjaer vir Mercedes diens gedoen en ook vir Alpine aan die onlangse Le Mans 24uur-uithouren deelgeneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×