Die 2025 Formule Een-seisoen sal met ‘n groot partytjie afskop weens die feit dat die reeks vanjaar sy 75ste verjaarsdag vier.

Spanne sal volgende week vir die eerste keer almal saam hul bekendstellings van renmotors vir die nuwe seisoen by die O2-arena in Londen doen.

Daar is bevestig dat die bekendstelling regstreeks uitgesaai sal word op al F1 se sosialemedia-kanale, asook YouTube en hulle webwerf – F1.com – waar dit gratis aangebied gaan word.

Die voorseisoen toetslopies sal op die naweek van 26 en 28 Februarie in Sakhir plaasvind, met die seisoen wat amptelik op die naweek van 14 tot 16 Maart in Melbourne, Australië, afskop.

error: Inhoud is beskerm !!