FORMULE EEN – Sergio Perez is in die warm water by Red Bull na ‘n 2de agtereenvolgende ongeluk by die Kanadese Grand Prix die pas afgelope naweek.
Alhoewel hy weer nie punte kon aanteken nie is hy nog steeds in die 5de plek op die Wêreldkampioenskaps-puntelys.
Red Bull se grootbaas Christian Horner het na afloop van die wedren gesê dat hy vol vertroue is dat Checo ‘n sterk terugkeer sal maak by die Spaanse Grand Prix wat die 23ste Junie gejaag word.