Die afgedankte Red Bull renjaer, Sergio Perez, gaan moontlik in 2026 vir die nuwe Cadillac-span sy buiging maak.
Perez – ’n ses-malige Grand Prix wenner – is na wat verneem word tans in gesprekke met Cadillac om by diè Amerikaanse motorvervaardiger sy gewig volgende jaar in te gooi.
Diè Meksikaanse renjaer het in 2024 ver agter sy spanmaat en kampioen Max Verstappen geëindig en is vir die 2025-seisoen deur die jong Nieu-Seelander Liam Lawson vervang.
Die jaar se F1-seisoen trek op 16 Maart in Melbourne weg.