FORMULE EEN – Die Mexikaanse Formule Een-renjaer, Sergio Perez, het gedurende vanjaar se seisoen die meeste skade veroorsaak.

Volgens motorinside.com het Perez die Red Bull span reeds R50-miljoen gekos na sy botsing met twee Haas renmotors in Monaco, asook sy ongeluk in Montreal.

Williams se Alex Albon is tweede op die lys, met R39-miljoen se skade, en Sauber se Guanyu Zhou is derde met R25-miljoen s’n.

Die Fransman Pierre Gasly is volgens die lys die mees gedissiplineerde renjaer, met geen skade wat vanjaar aan sy Alpine renmotor aangerig is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×