Red Bull se kampioen renjaer Max Verstappen kan die naweek in Las Vegas die resies vir die Kampioenskaps-titel tot ‘n einde toe bring.
Verstappen is tans 62 punte voor McLaren se Lando Norris en na die afloop van die naweek se verrigtinge sal daar slegs ‘n maksimum van 60 punte beskikbaar wees om te wen.
Dit betekend dat as Verstappen voor Norris verby die geruite vlag ry of as beide renjaers versuim om punte in te palm sal Verstappen vir ‘n vierde agtereenvolgende seisoen die Kampioenskaps titel wen.
Slegs vyf ander renjaers kon meer as vier titels wen gedurende hulle loopbaan terwyl Alain Prost en Sebastian Vettel met vier elk kan spog gevolg deur Juan Manuel Fangio met vyf en Lewis Hamilton en Michael Schumacher met sewe titels elk.