FORMULE EEN   – Max Verstappen het dit Sondag 2 uit 2 vir die 2024 renseisoen gemaak toe hy die Saoediese Grand Prix gewen het.

Die Vlieënde Nederlander het nou sy wenrekord tot 9 agtereenvolgende wedrenne opgeskuif en spog ook met ’n totaal van 100 podiumplekke in sy loopbaan sover.

Verstappen het amper 14 sekondes voor Red Bull spanmaat Sergio Prez geëindig terwyl Charles Leclerc van Ferrari die 3de plek ingeneem het met Oscar Piastri en Fernando Alonso van McLaren en Aston Martin onderskeidelik in die 4de en 5de plekke.

Ferrari se reserwejaer Ollie Bearman het egter verrigtinge oorskadu met ’n indrukwekkende debuut nadat hy op die laaste oomblik vir Carlos Sainz moes instaan. Diè 18-jarige se vertoning is as “fantasties” deur Verstappen beskryf waar diè jong renjaer op ’n moelike baan ‘n 7de plek kon behaal het.

*Die volgende wedren is die Australiese Grand Prix op die 24ste Maart.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×