Die Vlieënde Nederlander, Max Verstappen, sê dat Red Bull se kans om die eerste F1 wedren van die seisoen in Australië te wen is baie gering.
Die verdedigende kampioen was verlede jaar nog vuurwarrm op Albert Park in Melbourne maar Red Bull moes plek maak vir McLaren wat in die voorgrond getree het terwyl Mercedes en Ferrari ook groot aanspraakmakers geword het.
Red Bull se RB21 wat veral met die verlies van waterdruk kwessies geworstel het se tegniese direkteur Pierre Wachè het aan die einde van die voorseisoentoetse in Bahrein erken dat die motor soms nie regaeer het soos die span op sou gehoop het nie. Die RB21 se voorganger was berug vir sy moeilike hantering en dit wil voorkom asof die span nog nie daardie spesifieke kwessie kon uitsorteer nie.
Die Australiese GP begin Vrydag met die eerste oefensessie terwyl kwalifisering Saterdagoggend plaasvind.
Die hoofren trek Sondag 06:00 (SA Tyd) weg.