FORMULE EEN – Max Verstappen het met sy sege gister in die Japanese Grand Prix die Formule Een-vervaardigerstitel vir span Red Bull beklink.
Sy spanmaat Sergio Perez is weens ’n veiligheidsmotor-oortreding met 5 sekondes gestraf maar later teruggekeer na die wedren om te verseker dat hy dit nie in die volgende wedren hoef uit te dien nie.
Verstappen het kop gehou om 1ste onder die geruite vlag deur te jaag gevolg deur McLaren se Lando Norris en Oscar Piastri.
Die volgende Grand Prix is die 8ste Oktober in Katar.