Max Verstappen oftewel die Vlieënde Nederlander is vir ’n vierde agtereenvolgende jaar as die wêreldkampioen gekroon.
Die 27-jarige Red Bull renjaer het Saterdagaand die vyfde plek in Las Vegas ingeneem terwyl Mercedes se George Russell eerste onder die geruite vlag deurgejaag het.
Verstappen het slegs die sesde renjaer na Michael Schumacher , Lewis Hamilton , Juan Manuel Fangio , Sebastian Vettel en Alain Prost geword om vier keer wêreldkampioen te wees.