FORMULE EEN – Max Verstappen het sy visier op ‘n 3de wêreldkroon weereens sekuur ingestel toe hy Sondag 1ste onder die geruite vlag deurgejaag het in Oostenrykse Grand Prix.
Diè Nederlander spog met 5 oorwinnings uit 7 renne wat ook sy 42ste loopbaanoorwinning insluit en het ook sy voorsprong teenoor spanmaat Sergio Perez nog verder laat rek en is nou een 81 punte voor op die kampioenskapsleer.
Ferrari se Charles Leclerc was 2de gevolg deur Perez met Carlos Sainz 4de en onderskeidelik Lando Norris en Fernando Alonso in die 5de en 6de plekke.
Die volgende ren is die Britse Grand Prix eerskomende naweek op Silverstone.