FORMULE EEN – Die eerste 51ste rondtes van die Monaco Grand Prix was maar ’n saai affêre met min aksie wat opgedis was.
Nadat die reën egter begin uitsak het, het dit sake in ’n oogwink verander. Die volgende 25 rondtes was ’n warboel van motors wat gegly , gebots en in veiligheidsversperrings vasgejaag het.
Die wêreld se beste renjaer Max Verstappen en net weer bewys waarom hy soveel gesag afdwing met sy 39ste loopbaanoorwinning en ook ‘n 83ste podiumplek.
Fernando Alonso van Aston Martin was 2de terwyl Esteban Ocon van die Alpine span die 3de plek behaal het.
Die volgende Grand Prix vind die 5de Junie in Barcelona, Spanje plaas.