FORMULE EEN – Sebastian Vettel die wenner van vier F1 Wêreld Kampioenskapstitels het gister aangekondig dat hy aan die einde van diè wedren seisoen finaal gaan uittree.

Die 7-malige kampioen Lewis Hamilton wat sy debuut in 2005 langs die 35-jarige Duitser gemaak het, het saam met kollegas en vriende hulde gebring aan Vettel wat tans vir die Aston Martin Aramco Mercedes span jaag en gesê dat Seb beslis ‘n leemte gaan laat  –  nie net as ‘n vriend en mentor nie  – maar ook as iemand wie se doel dit was om diè sportsoort te respekteer en altyd eerste te gestel het.

Vettel sal ook diè naweek in die Hongaarse Grand Prix meeding en gaan beslis voet-in-die-hoek sit om die laaste paar wedrenne op ‘n hoogtepunt af te sluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×