FORMULE EEN – Max Verstappen het sy oorheersing in Formule Een wedrenne voortgesit toe hy voor sy tuisskare in Zandvoort die Nederlandse Grand Prix in ’n reëngeteisterde wedren in sy guns kon beklink het.
Dit was ook die 3de agtereenvolgende keer dat Verstappen ‘n oorwinning op sy tuisbaan vir Red Bull kon verseker kon en was ook sy 9de vir die seisoen.
Fernando Alonso van Aston Martin was 2de met Pierre Gasly van Alpine wat die 3de plek op die podium kon inneem.
Die volgende wedren is die Italiaanse Grand Prix wat eerskomende Sondag op Monza gejaag word.