Die Frankfort-boer wat deur ’n stroom meegesleur is, se liggaam is gevind.
Die 43-jarige boer in die Vrystaat, Riaan Heine, is deur ’n spruit meegesleur toe hy sy dogtertjie probeer red het.
Netwerk24 berig dat hy die dag saam met sy vrou en twee dogtertjies by die spruit, wat nie ver van hul huis af is nie, deurgebring het.
Een van die dogtertjies het in die moeilikheid beland in die spruit, en haar sussie het hul pa om hulp gaan roep.
Polisiewoordvoerder Lorraine Earl het aan Rosestad Nuus bevestig dat die liggaam van Heine gevind is.