Alhoewel die Rural Maintenance-projek tans in ‘n dispuut met Eskom is oor die lewering van elektrisiteit aan Frankfort en omliggende dorpe deur sonkrag, is dit ‘n werkbare model om krag te voorsien, het die DA-leier John Steenhuisen die week gesê tydens ‘n besoek aan die Mafube munisipaliteit. Die dorpe se soeke na energie-onafhanklikheid deur die Rural Maintenance-projek, word doelbewus aan ‘n uitgerekte proses onderwerp waarin die ANC, Mafube en Eskom saamspan om te keer dat die dorpe hulle eie krag kan opwek. Die dispuut gaan onder andere oor die uitvoer en verkoop van oortollige energie asook dat die projek die Mafube dorpe van beurtkrag kan vrystel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×