In sy stryd vir energie-onafhanklikheid van Eskom, word Rural Maintenance by Frankfort glo aan ‘n uitgerekte proses onderwerp, met die Mafube-munisipaliteit en Eskom wat na bewering sy planne probeer stuit.

Netwerk24 berig die DA-leier, John Steenhuisen het gister besoek by Frankfort afgelê vir samesprekings om ‘n oplossing hiervoor te vind.

Volgens Steenhuisen kan Rural Maintenance se kragopwekking nie alleen Frankfort se beurtkraglas ligter maak nie, maar sal dit terselfdertyd verligting vir Eskom bring.

Dié Vrystaatse dorp is moontlik die eerste dorp in Suid-Afrika wat gerat is om in sy eie kragbehoeftes te kan voorsien.

Die DA gaan hom nou tot Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, wend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×