Frankryk gaan weggooibare damprook-toestelle – beter bekend as Vapes – weens die gevaar wat dit vir die omgewing en openbare gesondheid inhou verbied. Eerste Minister Élisabeth Borne het gesê die maatreël is deel van ‘n nuwe plan teen rook wat deur die regering opgestel word. Kampvegters sê dit behoort teen die einde van die jaar van krag te wees. Die BBC berig verder verskeie ander lande in Europa het soortgelyke verbod aangekondig. Kampvegters beskuldig vervaardigers daarvan dat hulle doelbewus tieners teiken, deur helder kleure en ‘n reeks geure te gebruik wat aan lekkergoed herinner, byvoorbeeld malvalekker, sjokolade en haselneut, en waatlemoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×