Frankryk is gereed om sy planne op die laaste nippertjie te verander vir die openingsplegtigheid van die Olimpiese Spele wat volgende jaar in Parys op die Seine rivier gaan plaasvind. Reuters berig Frankryk is reeds voorbereid om die openingsplegtigheid van die Seine-rivier na ‘n ander plek te skuif sou die veiligheid van die deelnemers, beamptes en toeskouers bedreig word. Indien die openingsplegtigheid wel op die Seine rivier plaasvind, sal dit die eerste keer in die geskiedenis van die spele wees dat die opening nie in ‘n stadion plaasvind nie. President Emmanuel Macron het aan France 5 TV gesê daar is ook ‘n plan B en ‘n plan C vir die opening indien dit nodig sou wees. Frankryk was vanjaar reeds in minstens twee gevalle deur militante geteiken toe ‘n Franse onderwyser in Noord-Frankryk en Duitse toeriste by die Eiffeltoring doodgemaak is. Europese veiligheidsbeamptes is tans op ‘n gereedheidsgrondslag vir enige moontlike aanvalle deur Islamitiese militante wat Hamas ondersteun.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×