Die Franse president, Emmanuel Macron, onttrek sy land se ambassadeur, diplomate en weermaglede uit Niger in noordwes-Afrika.

Luidens die Aljazeera-nuusagentskap, volg Macron se besluit in die nasleep van ‘n staatsgreep, wat die demokraties verkose president, Mohamed Bazoum, in Julie uit die kussings gelig het.

Volgens Macron is enige samewerking tussen Frankryk en Niger, nou iets van die verlede.

Ongeveer 1 500 Franse troepe is in Niger gestasioneer. Macron sê hy beoog dat elke soldaat binne die komende weke terug in Frankryk sal wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×