Frankryk se president, Emmanuel Macron, bepleit ‘n langdurige wapenstilstand van sy Israeliese eweknie, Benjamin Netanyahu.

Macron – ‘n Netanyahu-bondgenoot sedert die begin van die Israel/Hamas-oorlog – het sy diepe kommer oor burgerlike sterftes uitgespreek.

Macron het ook ten tyde van sy foongesprek met Netanyahu, gesê daar moet dringend aandag aan die humanitêre krisis in die Gasastrook gegee word.

Die bloedige konflik in die Gasastrook het uitgebreek met die Palestynse militantegroep Hamas, se onverwagse 7 Oktober-aanval op Israel.

Volgens Israeliese owerhede is meer as 1 100 mense in hierdie aanval dood. Uit weerwraak het Israel onderneem om Hamas te vernietig.

Hamas sê minstens 21 000 mense is tot dusver aan die hand van Israel dood. Die militantegroep sê meeste van die slagoffers was vroue en kinders.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×