Die Franse parlement het wetgewing goedgekeur wat Frankryk se immigrasiebeleid verskerp ná maande se politieke stryery tussen regse en linkse groeperinge. Die hoof element van die nuwe wetgewing behels volgens AFP dat buitelanders eers na vyf-jaar welsynsvoordele kan kry of 30 maande indien hulle ‘n werk het. Sommige van die maatreëls sluit in nuwe wetgewing om ‘n kwota vir immigrante daar te stel, om immigrante se dubbele burgerskap terug te strek en om dit vir immigrante moeiliker te maak om familielede na Frankryk te bring. Ten minste twee ministers van President Emmanuel Macron se kabinet het gedreig om te bedank na die goedkeuring van die wet. Menseregtegroepe veroordeel dit as die mees regressiewe immigrasiewet in Frankryk die afgelope 40-jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×