‘n Franse ma het haar nege-jarige kind vir twee jaar so te sê op sy eie gelos, en net elke dan en wan by hom ingeloer. Volgens CNN-geaffilieerde BFMTV, is die ma nou tot 18 maande tronkstraf gevonnis.

Die seun is vir twee jaar, van 2020 tot 2022, alleen in die gesin se woonstel in die dorpie Nersac gelos, en het blykbaar op koek, blikkieskos en gesteelde tamaties oorleef het.

Die burgemeester van Nersac, Barbara Couturier, het gesê die kind het dikwels nie warm water of verwarming gehad nie. Hy het nietemin gedurende hierdie tyd voortgegaan om skool by te woon en was ‘n goeie student. Couturier het gesê sy het die polisie in kennis gestel van die situasie nadat die ma maatskaplike dienste gevra het om te help om kos te koop, en sy onraad vermoed het.

Die kind is in ‘n plek van veiligheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×