Lede van die Parlement (LP’s) wil hê dat die parlementêre reëls hersien moet word om te verseker dat regters wat aangekla is, nie as lede verkies kan word nie. Dié oproep kom nadat die omstrede regter John Hlophe verkies is om die Nasionale Vergadering in die Regterlike Dienskommissie (RDK) te verteenwoordig. Hy is ‘n lid van die MK-party.

Verskeie burger organisasies het ook hul ontevredenheid oor die aanstelling uitgespreek. Die organisasie Freedom Under Law beskryf sy aanstelling as onvanpas en irrasioneel. Hulle het reeds aangedui dat hulle dit op gronde van die oppergesag van die reg sal betwis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×