‘n Verdagte wat na bewering sonkrag buiteligte in Wilgehof, Bloemfontein, gesteel het is in hegtenis geneem. Dit nadat die verdagte deur ‘n sekuriteitsbestuurder van die Fichardpark Buurtvereniging (FWA) uit ‘n video herken is. Die park polisie is ontbied nadat die verdagte is in Castelynrylaan, Fichardtpark opgemerk is.
Die verdagte is steeds in aanhouding. Volgens die FWA toon die nuutste polisie statistieke dat sonkragtoerusting, hekmotors en gasbottels van die mees gesogte items, by privaat wonings, is om te steel.