Die G7-lande beplan om binnekort ‘n invoerverbod op Russiese diamante aan te kondig. Volgens berigte het die sanksie ten doel om Rusland se bron van fondse vir sy oorlog teen die Oekraïne af te sny. België het die plan voorgestel om in Januarie in werking te tree. Rusland is die wêreld se grootste produsent van ongeslypte diamante.
