Vier G4S-gevangenisbeamptes van die omstrede Mangaung-korrektiewe sentrum het borgtog in die Bloemfonteinse landdroshof gekry.
Eyewitness News berig hulle word aangekla van die moord op Mpho Mkhumbeni, ‘n gevangene wat in Maart ná ‘n klopjag in sy sel oorlede is.
Die beskuldigdes het Vrydag borgtog gekry. Rosestad-nuus het vroeër berig dat Mkhumbeni moontlik in sy sel deur bewaarders vermoor is nadat hy glo kontant van beamptes gesteel het.
’n Nadoodse ondersoek het bevind dat Mkhumbeni se dood veroorsaak is deur komplikasies ná sekondêre blootstelling aan traangas en stomp geweld.