Parlementslede is woedend nadat die private veiligheidsmaatskappy G4S versuim het om ‘n komiteevergadering by te woon om die veroordeelde moordenaar Thabo Bester se gevangenisontsnapping te bespreek.  G4S het aan die Justisie- en Korrektiewe Dienste-komitee geskryf en gesê dat hulle nie vandag se vergadering kan bywoon nie.  Die maatskappy, wat die Mangaung-korrektiewe sentrum bedryf waar Bester ontsnap het, sê die parlement moet dit eerder amptelik, verkieslik ná die Paasnaweek, ontbied.  Die sekuriteitsmaatskappy G4S sou vandag saam met die Departement van Korrektiewe Dienste en die minister in die parlement verskyn het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×