’n Bronsborsbeeld van Mahatma Gandhi is by die Anglo-Boereoorlogmuseum in Bloemfontein onthul.

Die Indiese koerant, Deccan Herald berig die beeld is deur die Indiese Raad vir Kulturele Betrekkinge geskenk en deur die Indiese Hoë Kommissaris, Prabhat Kumar, onthul.

Dit vorm deel van ’n projek om Indiërs se rol in die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 te erken.

Destyds is Indiërs vir meer as 100 jaar verbied in die provinsie, en hulle moes selfs permitte hê om deur te reis.

Die museum het ook ’n dokumentêr en boek bekendgestel wat dié verhaal vertel.

Die museum sê die oorlog het mense van alle rasse geraak, en dat Indiërs se bydrae erken word.

error: Inhoud is beskerm !!