Die verskil tussen die inflasiekoers wat die heel armste Suid-Afrikaanse huishoudings beleef en wat die rykste huishoudings beleef, is nou al meer as vyf persentasiepunte, berig Netwerk 24. Arm huishoudings, hoofsaaklik huishoudings wat op staatstoelae oorleef, beleef nou inflasie van 11,3% teenoor die welvarendste huishoudings wat nou 6,2% beleef. Dit teenoor die gekonsolideerde inflasiekoers van 6,8%. Die syfers is vir April wat Statistiek Suid-Afrika, of SSA, bekend gemaak het. Die 10% rykste huishoudings in Suid-Afrika het ‘n inkomste van meer as 26-duisend rand per maand. Dié is ‘n beskeie bedrag en gesinne wat in die groep val, voel allesbehalwe ryk. Dit wys egter hoe arm die meerderheid huishoudings is, het SSA gesê.  Die afgelope jaar het die verskil tussen die inflasiekoers van die 10% armste huishoudings en die 10% rykste huishoudings baie skerp gestyg. In April verlede jaar was die gemiddelde inflasiekoers 5,9% met arm huishoudings 6,4% en ryk huishoudings 6,1%.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×