Garrick Higgo en Wilco Nienaber van Bloemfontein op die oomblik vuurwarm nuus in die gholfwêreld

Foto: Garrick Higgo. Golf Digest.

Die 22-jarige Suid-Afrikaner, Garrick Higgo, wat Sondag sy eerste oorwinning in die Palmetto kampioenskap in Suid-Carolina behaal het en sodoende ook sy eerste Amerikaanse PGA-titel ingepalm het in slegs sy tweede toernooi in diè reeks, is saam met die 21-jarige Wilco Nienaber van Bloemfontein op die oomblik vuurwarm nuus in die gholfwêreld.

Die linkshandige Higgo, wat volgens sunshinetour.com ook ‘n oproep van die legendariese Gary Player, self ‘n wenner van 9 majors, kort na sy oorwinning ontvang het, het gesê diè jongman is bestem vir grootheid.

Nienaber, wat gesamentlik in die 14de plek ge-ëindig het, het beïndruk met sy reuse bofhoue en veral diè een van Vrydag op die 18de putjie van 343-meter, het die oë laat rek.

Higgo en Nienaber sal saam met Louis Oosthuizen, Branden Grace, Charl Schwartzel, Christiaan Bezuidenhout, Thomas Aiken, Erik van Rooyen en Dylan Frittelli van Donderdag af in die 121ste Amerikaanse Ope meeding.

Higgo , tans nommer 39 op die wêreldranglys, sal waarskynlik saam met Oosthuizen, Suid-Afrika se verteenwoordigers by die Olimpiese Spele wees wat op 23 Julie begin.

Luister na potgooie hieronder