Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy sal motoriste bystaan wat deur Sanral gedagvaar word vir e-tol-skuld.
Dít kom met Mampho Modise, van die Nasionale Tesourie se se aankondiging dat Gauteng nou weer besluit het om die uitstaande e-tol-skuld van motoriste te vorder. Die provinsie het vroeër onderneem om die aangeleentheid af te handel, deur die R12 miljard rand wat aan Sanral verskuldig is, te betaal.
Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, sê hierdie teenstrydighede veroorsaak Babelse verwarring.