Gauteng LUR vir Vervoer doen beroep op Numsa en Gautrein om geskil te besleg

 Gauteng LUR vir Vervoer doen beroep op Numsa en Gautrein om geskil te besleg

 Die LUR vir Vervoer in Gauteng, Jacob Mamabolo, het ’n beroep op die Metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika en Gautrein gedoen om hulle geskil te besleg, ten einde die onbepaalde staking deur werkers op te los. Werkers wat lede van Numsa is, staak al vir ’n week en eis ’n salarisverhoging van 8-persent. Dit het gelei tot die opskorting van treindienste gister. ’n Woordvoerder van Gautrein, Kesagee Nayager sê ’n beperkte diens sal vandag gelewer word.

Michiel Combrinck