‘n 13% salarisverhoging en ‘n behuisingstoelaag, tel onder die eise van Numsa-lede wat vandag met ‘n staking by Gautrein begin. Aldus die vakbond, het onderhandelinge met die Bombela Operating Company, wat Gautrein bedryf, ‘n dooiepunt bereik.
Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê lede is ontevrede oor ongelykheid in die werkplek, en eis ook dat daar beter Numsa-verteenwoordiging moet wees.