Die minister van Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, sal later vanoggend meer besonderhede bekendmaak oor die omvang van die skade by die Brandvlei-gevangenis buite Worcester in die Boland.
SABC-nuus berig ‘n aantal gevangenes is laat gisteraand na naburige gevangenisse verskuif as gevolg van ‘n brand wat van die omliggende gebied na die tronkterrein versprei het.
Lamola het gesê hulle is as voorsormaatreël teen rookinaseming verskuif nadat ‘n stoorstruktuur in die brand beskadig is.
Dit is nie duidelik hoeveel gevangenes verskuif is nie. Niemand is volgens die departement beseer nie.