Die EFF het die Openbare Beskermer se ondersoek na die minister van Sport, Gayton McKenzie, se reis na vanjaar se Olimpiese Spele verwelkom.
Daar is berig dat die departement meer as 800-duisend rand vir die minister se reis na Parys bestee het.
Die ondersoek poog om vas te stel of McKenzie etiese kodes oortree het en openbare fondse misbruik het.
Die EFF sê hy verwag deursigtigheid en aanspreeklikheid in die bestuur van hulpbronne wat vir die publiek se voordeel bedoel is.