Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het ’n ondersoek beveel na finansiële wanbestuur by Boxing South Africa (BSA) toe hy bekend gemaak het dat die weldoeningsfonds – wat bedoel was om strydende boksers te help – van miljoene rand beroof is.
Hy het dit Donderdag tydens die nasionale konferensie in Oos-Londen gesê, wat poog om die professionele boks weer na sy gloriejare te bring.
McKenzie sê aan die afgevaardigdes dat tot sy afgryse het hy ontdek dat miljoene uit daardie fonds weg is.
Die fonds is meer as 40 jaar gelede opgestel, aanvanklik om voormalige boksers wat in moeilike omstandighede was, te help.
Sedertdien word ’n klein persentasie van elke plaaslike bokser se prysgeld outomaties deur BSA afgetrek elke keer wanneer hulle baklei.