Sedert die plaasleeu-bedryf in 1996 begin het tot in 2020, is 18 mense dood in 52 aanvalle deur leeus, tiere en jagluiperds wat in gevangenisskap vir die geblikte jagbedryf geteel word. Agt en vyftig mense, onder wie 14 kinders, is in hierdie soort aanvalle op teelplase beseer. 68% van die aanvalle was deur geblikte leeus. Netwerk 24 berig ‘n verslag oor groot katte in aanhouding in Suid-Afrika is pas in die aanlyn navorsingstydskrif, BioOne gepubliseer. Dr Kelly Marnewick van die TUT en dr. Louise De Waal van die nieregerings-organisasie, Bloodlions, skryf in die verslag data is konserwatief bereken omdat wildboere nie die aanvalle aanmeld nie. Daar is steeds min data oor hoeveel leeuteel-plase daar is. Werknemers op die plase word aangestel sonder kennis of ervaring, lui die verslag. Intussen het die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, ‘n hernude beroep op roofdier-boere gedoen om vrywillig uit die bedryf te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×