Meer as 1,8 miljoen strafsake kon die afgelope sewe jaar weens gebrekkige saakdossiere nie in howe verhoor of afgehandel word nie. Dit is luidens die minister van Justisie, Ronald Lamola, in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus leier, Pieter Groenewald.
Hy wou weet sake van die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, sedert die 2018/19 boekjaar na die polisie terugverwys is vir verdere ondersoek. Netwerk 24 berig Groenewald het gister gesê dit dui op ‘n diepliggende probleem in die polisie se speurdiens wat besig is om die hele strafregstelsel lam te lê.
Lamola het gesê van die sake behels verdere ondersoek voordat die NVG ‘n finale besluit oor vervolging neem.