Die skattige tweejarige, Mari-Lu, of Lulu, Verkes, is gister ten tyde van ‘n roerende troosdiens in Bloemfontein gegroet.

Lulu se ma, Natalie, het Donderdagmiddag op haar kleuter se roerlose lyfie in ‘n opslaanswembad op die gesin se kleinhoewe afgekom.

Netwerk24 het vroeër berig Lulu se pa, Willem, het mond-tot-mond-asemhaling toegepas, maar sy “Sonskynkind” het nooit weer haar bewusyn herwin nie.

Sy is Satermiddag in ‘n Bloemfonteinse hospitaal oorlede.

Klein Lulu word ook oorleef deur twee boeties en ‘n sussie wat tussen vyf en agt jaar oud is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×