Groot gedeeltes van Bloemfontein sit reeds sedert Woensdag sonder water weens instandhoudings- en herstelwerk aan die toevoerstelsel. Die werk sou teen Donderdag voltooi wees, maar Bloemwater het laat Donderdagaand laat weet dat ‘n nuwe lekkasie aandag moet kry alvorens die krane weer oopgedraai kan word. Teen vanoggend is beperkte water aan sekere gedeeltes voorsien met die toevoer na Pellissier wat glo teen elf-uur vandag herstel sal wees. Die res sal later volg, maar daar is geen voltooiingstyd verskaf nie. Die volgende gedeeltes word geraak: Bainsvlei, Bloemdal, Bochabela, Fauna, Gardeniapark, Heidedal, Langenhovenpark, Lourierpark, Gedeeltes van Universitas, Pellissier, Rocklands, Spitskop N1 naby Heuwelsig, Vistapark en Wilgehof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×