’n Gedenkdiens word oormôre gehou, vir die drie duikbootbemanningslede wat ter see aan die Wes-Kaapse kus gesterf het. Die oorledenes was bemanningslede van die duikboot S.A.S. Manthatisi. Gillian Hector, William Masela Mathipa en Mmowapa Lucas Mojela is Woensdag naby kommetjie dood, toe hulle gedurende ‘n oefening van die Suid-Afrikaanse Vloot, deur ‘n brander meegesleur is. Wyle Gillian Hector het vroeër die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om haarself as duikbootstuurman te kwalifiseer. Die S.A.S. Manthatisi was van Simonstad na die V&A Waterfront in Kaapstad onderweg. Woensdagoggend se gedenkdiens, wat oop is vir die publiek, begin om tienuur in die Wynberg-militêre sportsentrum.
