Die Parlement se Gesamentlike Komitee oor Etiek het ‘n nuwe gedragskode vir lede voorgestel.

Die kode stel leefstyloudits voor vir nuwe voorsittende beamptes, voorsitters van komitees en party-hoofwepe. Die voorstel volg op beskuldigings van korrupsie teen die voormalige speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula.

Mapisa-Nqakula het intussen uit haar pos bedank. Die gewysigde gedragskode sal nou vir finale goedkeuring deur die huis oorweeg word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×