Gedurende Junie val die kollig op die algemene, sowel as geestesgesondheid van mans. Monyatso Mahlatsi, Vrystaatse LUR vir gesondheid, doen ‘n ernstige beroep op mans om na elke gesondheidsaspek om te sien. Hy sê mans moet hulle nie na alkohol en ander dwels wend, wanneer hulle met psigososiale uitdagings gekonfronteer word nie.
Indien daar op sulke krukke teruggeval word, kan dit verreikende implikasies hê. Hy noem selfmoordneigings, selfmoord, en ook gesinsgeweld, as moontlike gevolge hiervan. Mahlatsi noop elke man om dadelik professionele hulp te soek, wanneer hulle hy vermoed daar skeel iets enige gesondheidsaspek.