Wetstoepassers op die paaie moet die Paasnaweek veral aandag gee aan “moenies” wat tot minstens 85% van alle padongelukke lei, het Sindiswe Chikunga, minister van vervoer gesê. Sy het verwys na onder meer dronk bestuur, hoë snelhede en moeg bestuur. Die tema van vanjaar se Paasveldtog is “Zithibe” wat beteken weerstaan die versoeking. Dit is ‘n versoek aan alle voertuigbestuurders om die versoeking om roekeloos op die pad te wees, te weerstaan, sê Chikunga in ‘n verklaring. Sy het gevra dat alle voertuigbestuurders nie onder die invloed bestuur nie en ook nie op hulle selfone praat terwyl hulle bestuur nie. Voetgangers word gevra om nie die pad oor te steek as dit nie veilig is nie. Paasnaweek lei gewoonlik tot meer sterftes op die land se paaie. In 2022 is 162 mense dood in die Paastyd en 235 mense in 2021. Die N1-, N3- en N4-snelweg sal soos elke jaar baie besig wees
